Kognitiewe- en Taalontwikkeling in die Klein Kind | Kort Kursus

,

Kognitiewe- en Taalontwikkeling in die Klein Kind | Kort Kursus

R150,00

Ons kyk na die klassieke en meer moderne benaderings vir die bestudering van die kognitiewe ontwikkeling van babas en kleuters en beantwoord vrae soos: hoe leer babas, hoe en wanneer ontwikkel geheue, wat is verantwoordelik vir individuele verskille in kognitiewe vermoëns, en bevorder sosiale interaksie kognitiewe bevoegdheid?

Ons kyk ook na taalontwikkeling en watter invloede bydra tot taalkundige vooruitgang.

Die kursus kan teen jou eie pas voltooi word en sluit lesmateriaal en video/s in.

Voltooi ‘n pre-en postvraestel en ontvang ‘n sertifikaat van voltooiing. (Digitaal, aflaaibaar en drukbaar)

Hierdie kursus volg ideaal op Perseptuele Ontwikkeling en – Vaardighede in die Klein Kind, maar kan ook as alleenstaande kursus voltooi word.

Hierdie bladsy is vir studente om hierdie kursus te koop.
As jy ‘n skool is en meer as een kursus wil koop, stuur ‘n e-pos aan ons by: info@aanlynkursusse.com

Hierdie kursusse is 100% aanlyn en kan in jou eie tyd gedoen word met behulp van selfoon, tablet of rekenaar. (Internetverbinding word vereis)

Purchase & earn 5 points!
SKU: ALK-KTO Categories: , Tags: , ,

Kursusinhoud:

Hoofstuk 1: Kognitiewe ontwikkeling in babas (geboorte tot 2 jaar): 3 klassieke benaderings
Kognitiewe-Gedragsbenadering
Psigometriese Benadering: Ontwikkelings- en IntelligensietoetsingPiagetiewe Benadering

Hoofstuk 2: Kognitiewe ontwikkeling in babas (geboorte tot 2 jaar): meer moderne benaderings
Les 1: Inligtingprosesseringsbenadering
Les 2: Kognitiewe Neurowetenskaplike Benadering
Les 3: Sosiaal-kontekstuele benadering
Hoofstuk 3: Taalontwikkeling in Babas (Geboorte tot 2 jaar)
Les 1: Volgorde van vroeë taalontwikkeling
Les 2: Eienskappe van Vroeë Spraak
Les 3: Klassieke Teorieë van Taalverwerwing: Die Natuur-Koester Debat
Les 4: Invloede op Taalontwikkeling
HOOFSTUK 4: Kognitiewe ontwikkeling in kleuters (2-6 jaar)
Les 1: Piagetian Benadering: Die Preoperasionele Kind
Les 2: Inligtingprosesseringsbenadering: Geheueontwikkeling
Les 3: Intelligensie: Psigometriese en Vygotskiese Benaderings
HOOFSTUK 5: Taalontwikkeling in Kleuters
Les 1: Woordeskat
Les 2: Pragmatiek en Sosiale Spraak
Les 3: Privaatspraak: Piaget vs Vygotski
Les 4: Vertraagede Taalontwikkeling
Les 5: Sosiale Interaksie en Voorbereiding vir Geletterdheid

Shopping Basket
Scroll to Top