Navorsing bewys dat slegs 30% van alle onderwyser-opleidingsprogramme kursusse bied wat spesifiek klaskamerbestuur aanspreek.
Alhoewel die kurrikulum oor die jare merkwaardig verander het, het gedragsbestuurbenaderings oor die algemeen nie. Dit lei tot ‘n potensiële teenstrydigheid tussen ‘n kurrikulum wat probleemoplossing en kritiese denke aanmoedig, en ‘n bestuurstelsel wat nakoming en eng gehoorsaamheid vereis.
In hierdie kursus kyk ons na die volgende:
- Wat is dissipline?
- Wangedrag of groeifase?
- Lewensvaardighede
- Leierskapstyle
- Redes vir uitdagende gedrag
- Bewuste dissipline
- Positiewe dissipline in die klaskamer