Dissipline vir die klein kind | Kort Kursus

,

Dissipline vir die klein kind | Kort Kursus

R150,00

Klaskamerbestuur is ‘n beduidende uitdaging vir opvoeders. Dit word gereeld aangeslaan as die primêre area tot kommer vir verál eerstejaar onderwysers en is die mees algemene rede waarom baie opvoeders die onderwys verlaat. Vir baie onderwysers is die toepassing van dissipline in die klaskamer frustrerend en eenvoudig uitmergelend.

Hierdie kursusse is 100% aanlyn en kan in jou eie tyd gedoen word met behulp van selfoon, tablet of rekenaar. (Internetverbinding word vereis)

Purchase & earn 5 points!
SKU: ALK-DFKK Categories: ,

Navorsing bewys dat slegs 30% van alle onderwyser-opleidingsprogramme kursusse bied wat spesifiek klaskamerbestuur aanspreek.

Alhoewel die kurrikulum oor die jare merkwaardig verander het, het gedragsbestuurbenaderings oor die algemeen nie. Dit lei tot ‘n potensiële teenstrydigheid tussen ‘n kurrikulum wat probleemoplossing en kritiese denke aanmoedig, en ‘n bestuurstelsel wat nakoming en eng gehoorsaamheid vereis.

In hierdie kursus kyk ons na die volgende:

  • Wat is dissipline?
  • Wangedrag of groeifase?
  • Lewensvaardighede
  • Leierskapstyle
  • Redes vir uitdagende gedrag
  • Bewuste dissipline
  • Positiewe dissipline in die klaskamer
Shopping Basket
Scroll to Top