Boeliegedrag in die Voorskool | Kort Kursus
Boeliegedrag in die Voorskool | Kort Kursus
R150,00
Kursusinhoud beskikbaar 15 Oktober 2026
Wanneer jong kinders byt, slaan, skop, stamp, speelgoed gryp of ander kinders uitsluit, vra ons dikwels:
“Hoe stop ek hierdie gedrag?”
Maar ’n ewe belangrike vraag is:
“Waarom gebeur hierdie gedrag, en watter vaardigheid het hierdie kind nog nodig?”
In hierdie kursus kyk ons na die verskil tussen ouderdomstoepaslike uitdagende gedrag en gedrag wat kommerwekkend raak. Ons ondersoek waarom jong kinders sekere gedrag toon en hoe ontwikkeling, emosies en vaardighede soos impulsbeheer en selfregulering ’n rol speel.
’n Belangrike beginsel van hierdie kursus is dat ons versigtig moet wees om ’n jong kind as “die boelie” te etiketteer. Ons fokus eerder op die gedrag:
“Hierdie kind toon gedrag wat ’n ander kind seermaak.”
Gedrag kan aangespreek word en, met die regte ondersteuning en leiding, kan nuwe vaardighede aangeleer word.







